Wat kan jy verwag?

LIEDJIESKRYF IN PRAKTYK is praktiese liedjieskryf- en inligtingsessies wat strek oor twee dae en dit word aangebied deur sanger-liedjieskrywer Joe Foster. Die doelwit is om jou te leer en prakties te wys hoe liedjieskryf gebeur in die kommersiële musiekbedryf deur om saam te skryf aan 'n oorspronklike kommersiële liedjie terwyl Joe Foster jou deur elke stap van die proses vat. Dit is ideaal dat die deelnemers tenminste 'n bietjie kennis het van liedjieskryf en waaruit 'n liedjie bestaan, maar dis nie verpligtend nie.

Jy leer tegnieke en waardevolle wenke oor hoe om ‘n suksesvolle liedjie te skryf en ‘n loopbaan in liedjieskryf te begin en te bestuur. 

Wat sê vorige deelnemers...

VAN DIE ONDERWERPE WAT ONS BESPREEK EN TOEPAS

  • Inleiding tot professionele liedjieskryf
  • Liedjie strukture
  • Kreatiewe Skryf Tegnieke
  • Rym
  • Akkoorde en Sleutels
  • Dinamika
  • Ritme en Spoed
  • Samewerkings en Groep-Skryf
  • Perspektief
  • Titels en Konsepte
  • Teikenmark en Styl
  • Wanneer is ‘n liedjie gereed vir opname?
  • Die skaaf van n liedjie
  • Demo Opnames en inleiding tot Sagteware vir Liedjieskryf
  • Inleiding tot Kopiereg en “Publishing”
  • Hoe om jou liedjieskryf-loopbaan te bestuur

    PRAKTIES

    • Ons gaan 'n liedjie skryf van begin tot einde, en deur die ontwikkeling van die liedjie is waar Joe die meeste gaan verduidelik en wys hoe dit werk in praktyk en hoe mens met 'n treffer liedjie opkom en skaaf tot hy finaal klaar is.
    • Ons gaan as groep saam begin en met 'n liedjie opkom dan deel Joe almal in groepe sodat elke groep hulle eie weergawe van die liedjie kan skryf. Daarna word die beste dele van al die weergawes bymekaar gesit om met 'n finale opneembare liedjie op te kom.